Ons by Laerskool Impala wil julle net bedank vir julle goeie diens.
Ons maak al ‘n paar jaar van smsweb gebruik. Met tye was daar maar klein probleempies (in die begin).
Ons ervaar tans geen probleme met die stelsel nie en die stelsel is absoluut gebruikersvriendelik.
Ons het jaarliks die opsie om oor te gaan na ander stelsels toe en word ook jaarliks genader deur ander maatskappye.
Ons het glad nie ‘n behoefte om hoegenaamd oor te gaan na ‘n ander maatskappy toe nie.
Ek het al telke male vir Iddy gevra om hulp. Soms skep ons ‘n ekstra klas in die middel van die jaar of so, en sy is altyd bereid om dadelik aandag daaraan te gee.
Ons word ook op hoogte gehou van ons totale sms’e wat ons oor het om nie in ‘n krises te beland nie.
Jaarliks word die “roll-over” gedoen en al het hulle ‘n opeenhoping a.g.v. al die skole wat dit as dringend beskou, lewer hulle altyd flink diens.
Baie dankie dat julle ons altyd bystaan en dankie vir ‘n suksesvolle, gebruikersvriendelike stelsel.